
Akademie
Toelatingsvereistes en
Inskrywings proses:
Om in aanmerking te kom vir toelating tot ons skool, moet die volgende vereistes nagekom word:
​
-
Ouderdom:
Kinders word binne die toegelate ouderdomsgroep geplaas, volgens nasionale standaard.
​
-
Dokumentasie:
Alle dokumentasie moet jaarliks volledig voltooi word. Inskrywingsvorms moet vergesel word met die geboortesertifikaat, vorige skool verslae, mediese rekords asook ‘n immunisering sertifikaat. Daar word van ‘n aanlyn inskrywingsvorm gebruik gemaak. Ons vereis ook ‘n afskrif van die ouers/voogde se identiteitsdokumente.
-
Toelatings onderhoud:
'n Persoonlike onderhoud mag benodig word.

Kansellasie en registrasie:
Kansellasie kan slegs geskied met ‘n maand se skriftelike kennisgewing. Alle agterstallige skoolgelde moet reeds vereffen wees as ook die kennisgewing maand.
U moet jaarliks (1-31 Oktober) u kind registreer om ‘n plek te waarborg vir die komende jaar.
Kinders sal nie in aanmerking kom vir klas plasings vir die volgende jaar indien alle skoolgelde nie ten volle betaal is teen 5 Desember nie.