
Akademie
Kurrikulum:
Ons kurrikulum is ontwerp om 'n gebalanseerde en goed afgeronde opvoeding te bied. Dit sluit die volgende vakke in:
​
-
Taal: Afrikaans, Engels
-
Wiskunde
-
Sosiale Wetenskap
-
Natuurwetenskappe
-
Skeppende Kunste
-
Lewensoriëntering
-
Ekonomiese Bestuurswetenskappe
-
Tegnologie
Ons bied ook spesiale programme aan soos:
​
-
Huiswerk en Studiehulp
-
Sport en Kultuuraktiwiteite
Alle akademie volg die voorskrifte van die Departement van Onderwys en die “CAPS” dokument.

Graad
R - 7

Ons bied ’n sterk akademiese grondslag binne ’n gestruktureerde en ondersteunende omgewing. Leerders ontwikkel nie net in kernvakke nie, maar ook in sport, kultuur en lewensvaardighede. Ons fokus is om elke kind toe te rus met die kennis, vaardighede en waardes wat nodig is om met selfvertroue en sukses die toekoms tegemoet te gaan.
Naskool

Ons bied 'n netjiese en moderne terrein aan, wat 'n prettige en stimulerende omgewing vir jou kind sal wees. Ons naskoolprogram is vir kinders van Graad 1 tot Graad 7, met 'n sterk fokus op huiswerk, leer en ondersteuning. Ons het onderwyseresse in die klas vir elke graad, wat verseker dat daar genoegsame aandag gegee word aan elke leerling se behoeftes.
Verder bied ons vervoer aan vanaf Baanbreker na ons naskool en vir sport, wat dit vir ouers maklik maak om die logistiek te hanteer. Ons program is nie net vir die skooljaar nie – ons is ook vakansies oop met verskeie programme wat jou kind besig sal hou en hul vaardighede sal ontwikkel.